Jaartema: Navolging van Christus
As gemeente stel ons onsself ten doel om tot verheerliking van God te leef deur te
groei in Christus, Sy liefde daadwerklik uit te leef, en om die Goeie Nuus te deel.
Ons bede is dat jy geïnspireer sal word om deel te wees van ’n gemeente wat
geleenthede bied vir Bybel-gebaseerde lering, God-gesentreerde aanbidding en ’n
tuiste skep vir jonk en oud.

Tema “Hoop”. 09:00 Familiediens (kategese-afsluiting Gr R–6) en 18:00 Aanddiens
“Presents of Presence” (kategese-afsluiting Gr 7–12).
Ontdek weekliks nuwe skatte saam as gesin — Hoop, Vrede, Vreugde, Liefde en
Kersfees. Doen dit gerus saam met die DinkJeug Familie-app.
Sluit by ons aan vir ’n spesiale Kerssangdiens — verbind aan Christus, ook met
Kersfees!